Poensjak Djaia

Poensjak Djaia
Die piek van Poensjak Djaia in Nieu-Guinee Die piek van Poensjak Djaia in Nieu-Guinee
Ligging Nieu-Guinee, Indonesië
Hoogte 4 884 meter bo seevlak
Reeks Soedirmangebergte
Koördinate 4°5′24.6″S 137°11′6″O / 4.090167°S 137.18500°O / -4.090167; 137.18500
Bergtipe Bergkam
Eerste bestyging 13 Februarie 1962
Eerste bestyger(s) Heinrich Harrer
Philip Temple
Russel Kippax
Albert Huizenga
Maklikste roete Bergklim
Ligging van Poensjak Djaia op 'n kaart (Indonesië)
Poensjak Djaia
Poensjak Djaia

Poensjak Djaia of Carstenszpiramide (Indonesies: Puncak Jaya) is 'n berg in die Soedirmangebergte in die wes-sentrale hooglande van Papoea-provinsie, Indonesië (in die Poensjak Djaia-regentskap). Ander name daarvoor sluit in Nemangkawhi in die Amoengkal-taal, Ngga Poeloe en Goenoeng Soekarno.[1]

Met 'n hoogte van 4 884 m bo seevlak is Poensjak Djaia die hoogste berg in Indonesië, die hoogste op die eiland Nieu-Guinee (wat die Indonesiese Papoea-provinsies en Papoea-Nieu-Guinee omvat), die hoogste van Oseanië, en die 5de hoogste berg in die Suidoos-Asiese geopolitieke streek. Dit is ook die hoogste punt tussen die Himalajas en die Andes, en die hoogste eilandpiek ter wêreld. Sekere bronne gee Wilhelmberg van 4 509 m aan as die hoogste bergpiek in Oseanië, deurdat Indonesië as deel van (Suidoos-) Asië beskou word.[2]

  1. Grootatlas van die Wêreld, Mladinska knjiga, Ljubljana, Slovenië, 1986.
  2. Statistiekjaarboek van Kroasië, 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search